
=====================================================================
Die tas (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die tas

  Deur Pirow Bekker DIE dag van skool toe gaan het aangebreek en sy is sommer van haar ma se werkplek af -- haar eerste tas in die hand -- 
na die gladde steengebou toe. Alleen. 'n Sussie van haar ma, die enigste een van hulle wat skool gehad het, sou haar die middag gaan haal 
en dan haar naam op die boek laat sit.

"Daar's niks wat maak dat jy haar nie in die skool hier in Sunnyside kan sit nie." Die vrou in wie se woonstel haar ma werk, het die tas 
saam met haar kruideniersware gekoop.

"Ons is nou in 'n nuwe land. En buitendien, by die skole daar by julle gaan dit nes dit wil. Hulle s die skoolhoof roep so teen nege-uur 
die onderwysers bymekaar om te kyk wie het die dag opgedaag en dan deel hy die kinders by hulle in. Nee, dis 'n disgrace!"

Haar ma het gejoe-Miesies en geja-Miesies, en so is sy vooraf in die skooltoegaan ingejubel.

Nou bring elke tree haar nader.

Sy is darem nie al swart kind nie. Terwyl sy by die groot vensters verbyloop, sien sy 'n paar ander in die sementgeut langs die stoep sit. 
'n Man in 'n pak klere kom skuins oor die gras reg op haar afgestap en sy hoor die ander: "Mre, meneer! Mre, meneer!" Seker die Groot 
Meneer van die skool. Sy steek vas, maar hy gaan by haar verby.

"Mre, Meneer!"

Hy draai hom halfpad om en glimlag.

Hier is baie dinge wat sy sal moet leer.

Sy loop asof sy weet waarheen sy op pad is. 'n Paar vensters en deure verder -- meer vensters as deure -- is die punt van die ry 
klaskamers. Dis waar die skool moet begin.

"Niks om voor weg te hardloop nie! Almal sal jou wil help. Jy sal sien." Ma praat, praat, praat. Ma ken haar plek. Ma weet wat sy moet 
doen: vanmre die stoepe met One Step smeer en opvryf.

Hier is daar nie sulke dinge nie. Maar hier moet sy kom vas staan. Hier moet sy kom "lekker leer". Somme maak. Met haar kop werk.

Die deure van die klaskamers is almal blou en toe. Sy sit haar tas neer en pak met albei hande die knop. Die knop draai, maar die deur bly 
toe.

Sy skuif haar tot teen die deur, gaan staan wydsbeen daaroor met haar rug teen die deur. Sy is eerste.

Die skoolterrein wemel van kinders wat hulle nie aan eerste by die klas steur nie. Sy sak teen die deur af totdat die tas induik, druk haar 
weer regop. Sy moet haar skoolgoed oppas.

Onder al die lawaai hoor sy nie die juffrou kom nie. Sy is skielik daar, aan elke hand 'n kind en nog 'n paar wat saamdrentel.

"O, hier wag al iemand op ons! Is jy reg vir ons, meisie? Hnn?"

'n Hele bondel sak nou op die deur toe en sy word verdring.

Binne kry sy 'n sitplek amper heel agter. Haar tas hou sy regop voor haar op haar skoot.

"Ons gaan nie vandag al met skool begin nie. Mre. Mre deel ons allerhande goeters uit en dan gaan ons sommer lekker dinge doen. Vandag 
wil ek h ons moet mekaar eers leer ken. My naam is juffrou Liebentrau." Sy soek na iets onderaan die swartbord. Uiteindelik haal sy 'n 
klein boksie uit die kas, breek dit oop en haar ringe blits in die son. Sy haal 'n lang, wit kryt uit en skryf op die swartbord.

"My naam is maklik om te onthou. Ons maak dit kort, dan s julle sommer vir my juffrou Lieben. Lieben is 'n ander taal vir liefh. Ek is 
die juffrou wat julle almal liefhet. Juffrou Lieben. Nou wil ek julle naampies hoor." Sy wys met die kryt na die voorste kind.

"Charmaine."

"Dis 'n groot naam."

Die tweede: "Chantelle."

"Jennifer."

"Pragtig."

"Sue-Ellen."

"Ek is seker ons ken dit almal."

Vir haar is dit mooi, maar vreemd. Hoe ken hulle dit? Die kryt kom na haar. Almal kry hier nuwe name. Dis 'n nuwe land, het die vrou ges. 
Lieben is liefh.

Die kryt is op haar. Net die tas is tussen haar en die wit kryt.

"En sal sy vir ons haar naampie gee?"

Daar is 'n naam wat vir haar mooi was. Dit klink amper soos Miesies. Die tas val om.

"Hnnn?" vra die kryt.

"Dis Mitzi," s sy en vroetel die handvatsel op

KORTVERHAAL

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6416.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

